Inhoud van die ‘Nuus’ Kategorie
Lokvideo vir “Roepstem van die Horison”
‘n Lokvideo vir “Roepstem van die Horison” deur Johann Bacher is voltooi en is nou beskikbaar op die boek se webblad: http://www.cruguru.net/roepstem-van-die-horison.
Hierdie lokvideo is ook op YouTube beskikbaar by http://www.youtube.com/watch?v=FufBnpYx5XI. Julle is baie welkom om daar te gaan kyk en kommentaar te lewer.
Lokvideo vir “Soektog na Liefde”
‘n Lokvideo vir “Soektog na Liefde” deur Edna Cane is voltooi en is beskikbaar op die boek se webblad: http://www.cruguru.net/soektog-na-liefde.
Hierdie boek se lokvideo is ook op YouTube beskikbaar by http://www.youtube.com/watch?v=9MJ8YI5mKqA. Julle is welkom om ook daar te gaan kyk en kommentaar te lewer.
Lokvideo vir “Totsiens aan Gister”
‘n Lokvideo vir “Totsiens aan Gister” deur Edna Cane is gemaak en is beskikbaar op die boek se webblad: http://www.cruguru.net/totsiens-aan-gister.
Hierdie lokvideo is ook op YouTube beskikbaar by http://www.youtube.com/watch?v=ni84vfj5g2I. Julle is welkom om ook daar te gaan kyk en kommentaar te lewer.
Persverklaring: Boekvrystelling van “Roepstem van die Horison”
VIR ONMIDDELLIKE PUBLIKASIE
Boekvrystelling: Roepstem van die Horison
Johannesburg, Gauteng – 14 Maart 2011 – CruGuru Uitgewers
CruGuru Uitgewers wil graag die vrystelling van ‘n nuwe Afrikaanse boek in hulle stal aankondig: Roepstem van die Horison deur Johann Bacher.
Roepstem van die Horison is ‘n versameling ware jag- en natuurverhale uit die ondervindinge van Johann Bacher, en sal byval vind by jagters, natuurliefhebbers, lesers van outobiografieë, Namibiërs, oud-Suidwesters, en enige leser wat van ‘n boeiende ware Afrikaanse verhaal hou.
Johann Bacher het die volgende in sy voorwoord: geskryf: “Hierdie boek bevat ware gebeurtenisse in die jagveld en elders – soos wat deur my gesien en beleef was.”
Persverklaring: Boekvrystelling van “Soektog na Liefde”
VIR ONMIDDELLIKE PUBLIKASIE
Boekvrystelling: Soektog na Liefde
Johannesburg, Gauteng – 8 November 2011 – CruGuru Uitgewers
CruGuru Uitgewers wil graag die vrystelling van ‘n nuwe Afrikaanse boek in hulle stal aankondig: Soektog na Liefde deur Edna Cane.
Soektog na Liefde is ‘n Christelike roman wat handel oor liefde, swaarkry en vreugde, familiebande, versoeking, sonde, genade en vergiffenis..
Soektog na Liefde vertel die verhaal van Tracey, wie se lewe binne ‘n paar maande heeltemal omvergewerp word en haar geloof voor ‘n groot toets te staan kom.
Alles het begin toe Tracey se ma ernstig siek begin word het.
Persverklaring: Boekvrystelling van “Totsiens aan Gister”
VIR ONMIDDELLIKE PUBLIKASIE
Boekvrystelling: Totsiens aan Gister
Johannesburg, Gauteng – 20 April 2011 – CruGuru Uitgewers
CruGuru Uitgewers wil graag die vrystelling van ‘n nuwe Afrikaanse boek in hulle stal aankondig: Totsiens aan Gister deur Edna Cane.
Totsiens aan Gister is ‘n Christelike liefdesroman gebaseer op die ware verhaal van Edna Cane se lewe, die eens wilde tequila queen van Pretoria, by wie se lewe die Hemelse Vader ingegryp het, en haar voorheen egosentriese bestaan wonderbaarlik deur Sy groot genade omgekeer het. Totsiens aan Gister sal veral byval vind by Christene omdat dit op die waarheid gebaseer is, en enige leser wat van ‘n boeiende Afrikaanse liefdesverhaal hou. Totsiens aan Gister is ‘n verhaal van oorwinning en ‘n nuwe lewe…
Totsiens aan Gister handel oor die lewe van die tequila queen, die Pretoria-prinses, en the one and only, soos die liedjie sê. Dít is hoe Zani Calitz haarself graag beskryf. Sy voer ‘n sorgelose bestaan in Pretoria as kelnerin wie slegs vir fooitjies werk. Haar borrelende persoonlikheid en liefde vir gesels sorg egter dat sy nie juis oor geld hoef bekommerd te wees nie.
Zani is verlief op Carlos, maar hy soek net vriendskap, want hy en die groot liefde van sy lewe, Yvonne, het reeds ‘n standvastige verhouding. Zani probeer hard om van Carlos te vergeet deur drankmisbruik, dwelms, kuier, partytjies en harde werk, baie keer met ‘n babelaas op die koop toe.
Roepstem van die Horison op Amazon.com
Roepstem van die Horison deur Johann Bacher is nou beskikbaar op Amazon.com vir Afrikaanse lesers in die VSA. Besoek asseblief Roepstem van die Horison se blad op CruGuru (www.cruguru.net/roepstem-van-die-horison) vir meer inligting, of gaan direk na die boek se Amazon-bladsy: http://www.amazon.com/gp/product/1920414657?ie=UTF8&tag=cruguru-20&linkCode=as2&camp=1789&creative=390957&creativeASIN=1920414657.
Totsiens aan Gister op Amazon.com
Totsiens aan Gister deur Edna Cane is nou beskikbaar op Amazon.com vir Afrikaanse lesers in die VSA. Besoek asseblief Totsiens aan Gister se blad op CruGuru (www.cruguru.net/totsiens-aan-gister) vir meer inligting, of gaan direk na die boek se Amazon-bladsy: http://www.amazon.com/gp/product/1920414649?ie=UTF8&tag=cruguru-20&linkCode=as2&camp=1789&creative=390957&creativeASIN=1920414649.
Totsiens aan Gister op Crink.co.za
Totsiens aan Gister deur Edna Cane is nou ook beskikbaar op Crink.co.za vir bestellings in Suid-Afrika. Besoek asseblief Totsiens aan Gister se blad op CruGuru (www.cruguru.net/totsiens-aan-gister) vir meer inligting, of gaan direk na die boek se bladsy op Crink.co.za.
Huidiglik beloop die posgeld verbonde aan die bestelling van die boek ‘n addisionele R32.00.
Totsiens aan Gister op Facebook
Ons skrywer Edna Cane het ‘n Facebook-groep vir haar boek “Totsiens aan Gister” gestig. Besoek dit gerus om meer oor die boek te leer en teken asseblief in op die groep vir verdere nuus oor die boek.
Edna Cane kan ook op haar Facebook-blad gekontak word.
Totsiens aan Gister op Kalahari.com
Totsiens aan Gister deur Edna Cane is nou beskikbaar op Kalahari.com (voorheen Kalahari.net) vir bestellings in Suid-Afrika. Besoek asseblief Totsiens aan Gister se blad op CruGuru (www.cruguru.net/totsiens-aan-gister) vir meer inligting, of gaan direk na die boek se bladsy op Kalahari.com.
Neem asseblief kennis dat die boek se prys op Kalahari.com van tyd tot tyd mag wissel as gevolg van die R/$ wisselkoers, omdat die boek uit die VSA bestel word.
Totsiens aan Gister se Facebook-Blad
Ons skrywer Edna Cane het nou, benewens die Facebook-groep, ook ‘n Facebook-Blad vir haar boek “Totsiens aan Gister” geskep. Edna plaas gereeld inligiting oor haar boek op die blad. Besoek dit gerus om meer oor die boek te wete te kom.
Edna Cane kan ook op haar eie Facebook-Blad gekontak word.