Inskrywings Gemerk ‘christelike boek’
Gebed vir Nog ‘n Nuwe Dag
Deur J. H. Jowett
‘n Gebed vir Elke Dag van die Jaar
Gebed vir Nog ‘n Nuwe Dag bevat ‘n kort gebed vir elke dag van die jaar om jou gebedslewe te lei en te vervul. Hierdie gebede dring reguit deur na jou hart se diepste kamers en open jou oë vir die allesomvattende liefde van Jesus Christus deur jou te leer om te luister en stil te wees in die Here.
Persverklaring: Boekvrystelling van “Soektog na Liefde”
VIR ONMIDDELLIKE PUBLIKASIE
Boekvrystelling: Soektog na Liefde
Johannesburg, Gauteng – 8 November 2011 – CruGuru Uitgewers
CruGuru Uitgewers wil graag die vrystelling van ‘n nuwe Afrikaanse boek in hulle stal aankondig: Soektog na Liefde deur Edna Cane.
Soektog na Liefde is ‘n Christelike roman wat handel oor liefde, swaarkry en vreugde, familiebande, versoeking, sonde, genade en vergiffenis..
Soektog na Liefde vertel die verhaal van Tracey, wie se lewe binne ‘n paar maande heeltemal omvergewerp word en haar geloof voor ‘n groot toets te staan kom.
Alles het begin toe Tracey se ma ernstig siek begin word het.
Persverklaring: Boekvrystelling van “Totsiens aan Gister”
VIR ONMIDDELLIKE PUBLIKASIE
Boekvrystelling: Totsiens aan Gister
Johannesburg, Gauteng – 20 April 2011 – CruGuru Uitgewers
CruGuru Uitgewers wil graag die vrystelling van ‘n nuwe Afrikaanse boek in hulle stal aankondig: Totsiens aan Gister deur Edna Cane.
Totsiens aan Gister is ‘n Christelike liefdesroman gebaseer op die ware verhaal van Edna Cane se lewe, die eens wilde tequila queen van Pretoria, by wie se lewe die Hemelse Vader ingegryp het, en haar voorheen egosentriese bestaan wonderbaarlik deur Sy groot genade omgekeer het. Totsiens aan Gister sal veral byval vind by Christene omdat dit op die waarheid gebaseer is, en enige leser wat van ‘n boeiende Afrikaanse liefdesverhaal hou. Totsiens aan Gister is ‘n verhaal van oorwinning en ‘n nuwe lewe…
Totsiens aan Gister handel oor die lewe van die tequila queen, die Pretoria-prinses, en the one and only, soos die liedjie sê. Dít is hoe Zani Calitz haarself graag beskryf. Sy voer ‘n sorgelose bestaan in Pretoria as kelnerin wie slegs vir fooitjies werk. Haar borrelende persoonlikheid en liefde vir gesels sorg egter dat sy nie juis oor geld hoef bekommerd te wees nie.
Zani is verlief op Carlos, maar hy soek net vriendskap, want hy en die groot liefde van sy lewe, Yvonne, het reeds ‘n standvastige verhouding. Zani probeer hard om van Carlos te vergeet deur drankmisbruik, dwelms, kuier, partytjies en harde werk, baie keer met ‘n babelaas op die koop toe.