Totsiens aan Gister
Deur Edna Cane
Die tequila queen, die Pretoria-prinses, the one and only, soos die liedjie sê. Dít is hoe Zani Calitz haarself graag beskryf. Sy voer ‘n sorgelose bestaan in Pretoria as kelnerin wie slegs vir fooitjies werk. Haar borrelende persoonlikheid en liefde vir gesels sorg egter dat sy nie juis oor geld hoef bekommerd te wees nie.
Zani is verlief op Carlos, maar hy soek net vriendskap, want hy en die groot liefde van sy lewe, Yvonne, het reeds ‘n standvastige verhouding. Zani probeer hard om van Carlos te vergeet deur drankmisbruik, dwelms, kuier, partytjies en harde werk, baie keer met ‘n babelaas op die koop toe.
Dan raak Zani swanger en moet sy ‘n groot besluit in haar lewe neem – ‘n besluit wat sy moontlik later erg kan berou. Maar sy druk deur met die besluit wat sy dink vir háár, Zani, tot voordeel sal wees…
Zani hervat haar sorgelose, selfgesentreerde lewe, en probeer alles in haar vermoë om van Carlos se onbeantwoorde liefde te vergeet, maar dan gryp die Hemelse Vader op ‘n drastiese wyse by haar lewe in. Na ‘n lang tyd van herstel begin Zani die Here te leer ken, en later ontmoet sy vir André, vir wie sy begin liefkry.
En tog, nog steeds, kom die ou, egosentriese Zani terug en poog om nie net haar liefdesverhouding met André te verongeluk nie, maar ook haar verhouding met die Here…
Totsiens aan Gister is ‘n Christelike liefdesroman gebaseer op die ware verhaal van Edna Cane se lewe, die eens wilde tequila queen van Pretoria, by wie se lewe die Hemelse Vader ingegryp het, en haar voorheen egosentriese bestaan wonderbaarlik deur Sy groot genade omgekeer het.
Totsiens aan Gister is ‘n verhaal van oorwinning en ‘n nuwe lewe…
ISBN: 978-1-920414-58-0; 978-978-1-920414-59-7; 978-1-920414-60-3
Meer oor Edna Cane:
Edna Cane het grootgeword in Witbank, Mpumalanga, en na skool het sy in haar ouers se winkeltjie gewerk. Sy het daarna vir vyf jaar in Pretoria gebly en gewerk as kelnerin en toe weer teruggekeer na Witbank waar sy verder as kelnerin werksaam was. Na ‘n baie ernstige motorongeluk en ‘n jaar se herstelproses het sy vir Albertus (Swannie) Swannepoel ontmoet, met wie sy in Maart 2011 in die huwelik getree het.
Edna Cane kan op haar Facebook-blad gekontak word en sy het ook ‘n Facebook-groep vir “Totsiens aan Gister” gestig.
Bestelinligting:
Neem asb. kennis dat werklike pryse mag verskil van pryse wat hier gekwoteer is, omdat sekere boekverkopers van tyd tot tyd afslag op produkte bied en omdat sekere handelaars se pryse aan wisselkoerse onderworpe mag wees.
Tipe: Sagteband (A5)
Land: Suid-Afrika
Prys: R139.99
Handelaar: Crink.co.za: Kliek Hier om te bestel of skakel 086-166-8368 om te bestel.
Tipe: Sagteband (6×9 duim)
Lande: Suid-Afrika
Prys: Beskikbaar op handelaar se webblad
Handelaar: Kalahari.com: Kliek hier om te bestel
Tipe: Sagteband (6×9 duim)
Lande: VSA
Prys: $16.99
Handelaar: Amazon.com: Kliek Hier om te bestel
Tipe: Sagteband (6×9 duim)
Lande: VSA, VK, EU
Prys: $16.99
Handelaar: Lulu.com: Kliek Hier om te bestel
Tipe: E-Boek (PDF – aflaaibaar)
Lande: Wêreld
Prys: $7.99
Handelaar: tradebit.com: Kliek Hier om te bestel
Tipe: E-Boek (PDF – aflaaibaar)
Lande: SA
Prys: R59.99
Handelaar: bidorbuy.co.za: Kliek Hier om te bestel
Totsiens aan Gister: Lokvideo
Hierdie lokvideo is ook op YouTube beskikbaar by http://www.youtube.com/watch?v=ni84vfj5g2I. Jy is welkom om dit daar te gaan kyk en kommentaar te lewer.






[...] Lokvideo vir “Totsiens aan Gister” deur Edna Cane is gemaak en is beskikbaar op die boek se webblad: [...]
[...] Totsiens aan Gister op Facebook [...]
[...] Totsiens aan Gister word vrygestel in sagteband, asook in as ‘n e-boek, met die volgende ISBN-nommers: 978-1-920414-58-0; 978-978-1-920414-59-7; 978-1-920414-60-3. Die boek kan in Suid-Afrika asook in die buiteland oor die Internet bestel word. Bestelinligting en pryse kan op die boek se webblad te siene gekry word: http://www.cruguru.net/totsiens-aan-gister. [...]